Is bevolkingsgroei die wêreld se grootste probleem?
www.ourlongwalk.com
In 1800 was daar een biljoen mense op aarde. Nog teen die 1930s was die wêreldbevolking onder die drie biljoen merk. Vandag, skaars ‘n generasie later, leef en beef 7 biljoen mense op aarde. Hierdie geweldige toename in die hoeveelheid mense wat moet eet en drink, woon en werk het al baie mense slapelose nagte gegee. Die denkers Aristotle en Confucius het meer as tweeduisend jaar gelede oor oorbevolking gewaarsku. Die agtiende-eeuse Thomas Malthus was bekommerd dat bevolkingsgroei net in hongersnood kan eindig. En die mees bekende twintigste-eeuse waarskuwing was waarskynlik die Stanford professor Paul Ehrlich wat in sy 1968 boek, The Population Bomb, grootskaalse hongersnood in die 1970s en 1980s weens oorbevolking voorspel het.
Is bevolkingsgroei die wêreld se grootste probleem?
Is bevolkingsgroei die wêreld se grootste…