Interesting! It would be cool to see if the correlation between economy and visitor numbers holds across other countries (e.g Serengeti, Masai Mara, Okovango)
Hi, great piece but I'm surprised you left out the multiple land claims all around Kruger, the contentious first claim resolved (Makuleke 15 Dec 1998) the award and rights of which must be financially and socially managed amidst tricky community dynamics, the cross subsudisation of other parks, and Sanparks new euphemism to manage the multiple other unresolved claims in terms of their Mega Living Landscapes strategy. These restitution claims are costly and almost impossible to find a truly happy resolution for parks and claimants
Johan, jy kry dit weereens reg om ons dissipline, ekonomie, soos 'n storieboek te laat lees. Dis altyd vir my aangenaam omdat ek 'n leefryd as ekonoom agter die rug het waartydens ekonomie as 'n abstrakte wetenskap beskuldig is, met min waarde vir nie-ekonome waneer dit by sigbare waarde kom. As ontwikkelingsekonoom kon ek gelukkig ook darem daardie wanpersepsie besweer.
Ons sal inderdaad net daardie ongelooflike nasionale en internasionale natuurbate volhoubaar kan bewaar en bedryf as dit ekonomies volhoubaar is in terme van die groter ekonomie van die land. Van my projekte wat ek in die wildtuin bestuur het as projekbestuurder, het miljoene der miljoene se kapitaalbesteding behels, met die sentrale regering se fondse. Buitefinansiering - eintlik maar net eenvoudig kruis-subsidiëring - sal altyd nodig wees as die kostes om die park te besoek bekostigbaar gehou wil word vir meer as net die meer gegoedes.
Gegewe die Krugerwildtuin se internasionale status en bekendheid, sal dit relatief maklik wees om dit op volgehoue hoë standaard te bedryf. Dit sal dan daardie gebreke waarna jy verwys het, maklik kan aanspreek. Maar ten einde daardie soort toeriste-attraksie op hoë standaard volhoubaar te maak, moet ongeveer twee-derdes van alle inkomste uit toeriste gebruik word vir instanhouding, op standaard. Waarna jy verwys het as fasiliteite wat beter dae geken het, is grootliks omdat historiese kapitaalbesteding bloot deel van die lopende kostes van die bedryf geword het. Kapitaal word dan vir alle praktiese doeleindes konsumpsie, wat stukkie vir stukkie opgebruik word en nie vervang kan word nie.
Dis ongelukkig deel van die wildtuin se verhaal, want die sentrale regering se eksterne hulp het minder en minder geword in reële terme oor tyd, weens die land se swak ekonomiese groei. Massiewe agterstande het dus oor tyd opgebou.
Jou argument is dus honderd persent korrek, dat so 'n bate net volhoubaar onderhou en bedryf kan word as die groter ekonomie genoeg inkomste genereer wat in die wildtuin aangewend kan word.
Die alternatief is natuurlik die Botswana-model. Privatiseer en verseker daardeur dat inkomstes uitgawes gaan oorskry en aldus genoeg gaan genereer vir onderhoud en vervanging op die standaard wat gegoede toeriste kan bekostig en op aandring.
Ek het persoonlik die gevoel dat 'n hibriede-oplossing die beste is, wat reeds tot 'n groot mate op natuurlike wyse onstaan het weens ekonomiese kragte. Sabie-Sabie en Sabie-Sand, om maar slegs twee privaatwildtuine binne-in die Krugerwildtuin te noem, is voorbeelde. Daar is ook 'n hele klomp konsessies- en grondrestitusie-voorbeelde waar die stamme wat suksesvolle grondeise ingestel het, geprivatiseerde toeristekampe bedryf op hoë standaard, maar met gepaadgaande hoë kostes vir die toeriste wat dit kan bekostig.
Die res van die Krugerwildtuin sal dan hopelik met kruissubsidies vanuit 'n groeiende staatskas befonds bly, om dit vir gewone landsburgers ook relatief bekostigbaar te hou. Maar dan moet die ekonomie groei...

Dankie vir 'n uitstekende stuk werk met skerp insigte! "Louis" sou trots op sy nasate wees... Ek wil vir hulle eendag in Dauphine gaan opsoek.
Thank you Johan, very informative and spot on regarding the future.