Stakende studente het ‘n punt beet, maar sit die pot mis
www.ourlongwalk.com
My vriend Willem vertel my Tukkies was ‘n spookdorp verlede week. In Kaapstad is klasse gestaak, en Wits ontwrig. Op Stellenbosch, waar ek klasgee, het akademiese aktiwiteite voortgegaan, alhoewel privaatsekuriteitsbeamptes se teenwoordigheid opvallend was. Die rede is dat studente ongelukkig is met die koste van universiteitstoegang. Dis bitter duur om te studeer – ongeveer R90 000 per jaar as mens klasgeld, handboeke, verblyf en lewenskoste inreken – en vir baie studente is dit bloot onmoontlik om hierdie bedrag by te bring. Vir ’n student met geen hoop om hierdie uitgawes te finansier nie, is die rasionaal as volg: ek gaan elkgeval nie kan aanhou swot nie, so as ek miskien genoeg druk op universiteitsbesture sit, sal die rektor of die regering ingryp en fooie skrap. Hierdie rasionaal is telkens geklee in die ideologiese retoriek van dekolonisasie en swartbewussyn, en daar is sterk ondertone van nasionalisme, fascisme en xenofobie. Maar moenie daarin vaskyk nie. Dis die fooie wat die groot
Stakende studente het ‘n punt beet, maar sit die pot mis
Stakende studente het ‘n punt beet, maar sit…